Have a question?
Message sent Close

AFRE211 Onderwysafrikaans: poesie North-West University

0
0 reviews
  • Description
  • Full Document
Blur-Preview

North-West University

AFRE211 Onderwysafrikaans: poesie North-West University

1.2 Vorming van vokale
Rakende vokale kan daar gekyk word na die posisie van die tong en die vorm van die lippe.
Net soos in wiskunde word daar met twee asse gewerk wanneer daar na die posisie van die
tong gekyk word, naamlik ’n vertikale as en ’n horisontale as.
 Op ’n vertikale as word gekyk na die afstand tussen die tong en die monddak (die
gedeelte vanaf die voortande tot en met die kleintongetjie).
o Wanneer die klank [i] soos in mite uitgespreek word, is die middeltong na die
monddak gebal en die spasie tussen die middeltong en die monddak klein.
Wanneer die klanke [e] (soos in lees), [] soos in les en [a] (soos in las)
uitgespreek word, voel die taalgebruiker dat die tong sak en die afstand tussen
die middeltong en die monddak groter word. Doen dieselfde met die volgende
vokale: [u] (soos in boek), [o] (soos in roos), [] (soos in blom) en [] (soos in
raas).
o (Jy kan in die onderstaande skets sien hoe die afstand groter word.)
 Op ’n horisontale as kan gekyk word na of die tong teenoor die harde verhemelte,
teenoor die sagte verhemelte of in die middel van die harde en sagte verhemelte
is wanneer die betrokke klank uitgespreek word.
o Die volgende vokale word uitgespreek met die tong teenoor die harde
verhemelte: [e] (soos in lees), [] soos in les en [a] (soos in las). Die volgende
klanke word uitgespreek met die tong wat agter na die sagte verhemelte lig:
[u] (soos in boek), [o] (soos in roos), [] (soos in blom) en [] (soos in raas).
Die laasgenoemde klanke staan daarom as agtervokale bekend omdat hulle na
agter in die mond gevorm word, terwyl die eersgenoemde klanke voorvokale
genoem word omdat hulle voor in die mond gevorm word. Die klank [] (soos
in sit en bene) word uitgespreek met die tong presies tussen die harde
verhemelte en die sagte verhemelte. Dit word daarom ’n sentrale vokaal
genoem. (Dit is ook die enigste sentrale vokaal.)
’n Verdere belangrike aspek rakende die uitspraak van vokale is die vorm wat die lippe
aanneem. By sommige vokale word die lippe gerond terwyl die lippe by ander gesprei is.
Geronde lippe Gespreide lippe
Beantwoord die volgende vrae op jou eie deur Coetzee (1985:39; 2017:56-57) te raadpleeg:
 Watter Afrikaanse vokale word met lipronding (gerond) uitgespreek?
 Watter Afrikaanse vokale word met gespreide lippe uitgespreek?
 Die vokale [y] soos in minuut, [oe] soos in rus en [ø] soos in deur word ook met
lipronding uitgespreek, maar hulle lipronding word “substituutronding” genoem.
Definieer hierdie begrip.
Onthou ook dat sekere letterkombinasies een vokaalklank kan voorstel en nie as twee
vokale uitgespreek word nie. Dink aan die letterkombinasie “ie”, “oe” en “eu” (soen die
deur). Hulle stel een klank voor: [i] (“ie”), [u] (“oe”) en [ø] (“eu”).
1.3 Die koppeling van letters en klanke wanneer spelreëls verduidelik word
 Dieselfde lang vokaalklank kan somtyds deur een letter (bv. base) of deur twee letters
(bv. baas) voorgestel kan word. Hoe moet leerders weet wanneer om een letter of twee letters
te gebruik? Koppel jou kennis van letters en klanke.
 Spelreël: Wanneer ’n lang vokaalklank en ’n konsonant nie in dieselfde
klankgreep voorkom nie, byvoorbeeld in die woord “bome”, word net een letter
geskryf om die lang vokaalklank voor te stel: boo-me  bome.
 Spelreël: Wanneer ’n lang vokaalklank en ’n konsonante daarna in dieselfde
klankgreep voorkom, word twee letters geskryf om die lang vokaalklank voor te
stel, byvoorbeeld boom.
 ’n Oulike manier om klanke en letters te kombineer (veral wanneer meervoude
verduidelik word) is om van soldaatjies gebruik te maak. (Maak die PowerPoint onder
Hulpbronne: Leereenheid 1.4 oop om te sien wat met “soldaatjies” bedoel word.)

Preview

AFRE211 Onderwysafrikaans: poesie North-West University

NOTE: Please check the details before purchasing the document.

error: